Andreas Francois du Toit, 1813–1883 (aged 70 years)
- Name
- Andreas Francois /du Toit/
- Given names
- Andreas Francois
- Surname
- du Toit
| Birth | 8 August 1813 |
|---|---|
| Marriage | Elizabeth Gertruida Jacoba de Villiers — View this family Yes |
| Birth of a daughter | Geertruida Johanna du Toit 4 December 1858 (aged 45 years) |
| Death | 15 August 1883 (aged 70 years) |
| himself | |
|---|---|
| wife | |
| Marriage | Marriage — — |
| daughter |
| Note | In 1857 het Pres MW Pretorius vir Andries Francois aangestel om die strate vir die nuut geproklameerde dorp aan die voet van Magaliesburg uit te meet. Met die hulp van sy seun Gerrit Johan Wilhelm, (self later Landdros en Volsraadslid) en met slegs 'n osketting, skeeps teleskoop, waterpas, 6 metaalpenne en 6 houtpenne is die strate van sentraal Pretoria so akkuraat uitgemeet dat heedendaagse moderne toerusting geen fout daarmee kon vind nie. MW Pretorius het hom die pos van Landdros in Potchefstroom aangebied wat hy van die hand gewys het. Hy het wel later die pos van Landdros in Pretoria aanvaar. Vir sy werk in hierdie posisie is Du Toitstraat in Pretoria na hom vernoem. Hy was 'n vermoënde man en het die plaas Arcadia, net oos van die destydse Pretoria besit. Behalwe vir die bekende voorstad van dieselfde naam, het die plaas ook die bekende Meintjieskop, waar die Uniegebou later opgerig is, ingesluit. In sy jonger lewe was hy meer avontuurlustig. Hy het ondermeer transport gery tussen die Vrystaat en Transvaal. Daar was toe nog nie 'n treinspoor noord van Bloemfontein nie. Twee van sy waens was toegerus met 'n vals kompartement waar hy by geleentheid ook kruit en ammunisie oor die grens gesmokkel het. Daar is opgeteken dat hy "deur die nag oor die rivier trek" na veiligheid toe polisie agente hom genader het. |
|---|---|